Retha Duvenage wins the Body Transformation award

Retha Duvenage


WENNER: BODY TRANSFORMATION


Ek is Retha Duvenage vanaf Rustenburg.

Voor die “challenge” het ek sommer ‘n “peanut butter”-roosterbroodjie geëet wanneer ek tuisgekom het. Glad nie reg geëet nie. Sommer geëet wat in yskas was. Basies geëet wanneer ek lus was vir iets; glad nie my kalorië getel of my vleis afgemeet nie, met ander woorde: nie gesond geëet nie. Ek het wél af en toe geoefen, maar ook net wanneer die lus daar was.

My dogter het ‘n boodskap gestuur met ‘n foto van die “challenge”. Ek het na dit gekyk en besluit: ek voel nie goed, lyk nie goed en ek weet die produk is puik – het al die Catalyst gebruik, maar nog nooit die Osolean nie – en het sommer besluit om myself weer “in shape” te kry. Ek het ‘n geleentheid gesien wat vir my gaan werk as ek my kant bring.

Hoe het die “challenge” my leefstyl en “mindset” verander?

Die challenge het my “mindset” nou 100% in die regte rigting. Ek gaan nooit weer terug na al die verkeerd eet nie. Eet ook nou 5x per dag. Eet reg en gesond. Ek is oor die algemeem lief vir oefen maar soos ons almal maar is stel jy uit elke keer. Nou oefen ek weer gereeld en is MAL daaroor. Sien uit daarna om weer “sexy” te lyk.

Voor- & Na-foto’s

SHARE THIS PAGE ...

Posted in 2020.